Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
eGGSA tak
Wat is die koste om aan te sluit?
Wat is my voordele as lid van eGGSA?
Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?
eGGSA is die virtuele of aanlyn tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, bedoel vir diegene vir wie dit nie moontlik is of nie belangstel, om lid van enige landgebaseerde takke van die GSSA te word nie. Om lid van die eGGSA te word is dit noodsaaklik om aan te sluit of moet u reeds ‘n lid van die voornoemde organisasie wees.
Indien u ons aanlyn aansoek vir lidmaatskap gebruik sal u outomaties geregistreer word as lid van albei organisaies.
Klik hier om as lid te registreer van eGGSA en die GSSA: Sluit aan
Wat is die koste om aan te sluit?
Die jaarlikse tarief, in Januarie van elke jaar betaalbaar, is tans ZAR 130.00 (USD 23.00). Hierdie bedrag verteenwoordig R100 vir lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika plus R30 vir lidmaatskap van die eGGSA tak.
Wat is my voordele as lid van eGGSA?
Bykomend tot die voordele van lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (sien hieronder), ontvang lede van die eGGSA Tak die volgende voordele:
Dokument Fotos: Lede kan fotos van dokumente uit die Suid-Afrikaanse Argiewe bestel teen ‘n lae tarief. Vir meer detail sien GGV. (Gereeld Gevraagde Vrae)
Hulp lêers en Boeke: Lede sal by ons aanlyn Aflaai Biblioteek afdelings vind wat materiaal bevat wat vir lede alleenlik beskikbaar is: Die lede afdeling met verskeie hulpmiddels vir navorsing en ‘n aantal aanlyn boeke in die Boeke afdeling.
Genesis: Lede ontvang die eGGSA se kwartaalikse publikasie Genesis, wat artikels bevat geskryf deur en vir lede. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:
Familia: As lede van die ouer organisaie, Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, sal eGGSA lede ook FAMILIA ontvang, die kwartaalikse tydskrif van die Genootskap, wat gepubliseer word in Maart, Junie, September en Desember. Familia kan in elektroniese en gedrukte formaat voorsien word. Die ledegeld tarief sal afhang van watter formaat gekies word om te ontvang. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:
Help bevorder Suid-Afrikaanse Genealgie: U jaarlikse subskripsie van die eGGSA sal help om die webtuiste te befonds wat ‘n groot versameling van genealogiese materiaal gratis beskikbaar stel aan alle lede.
Skryf in vir meer Tak nuusbriewe: Teen ‘n ekstra koste is dit ook moontlik om op verskeie ander GGSA takke se nuusbriewe in te skryf:
Capensis, gedrukte uitgawe, gepubliseer deur die Weskaap tak (nie ingesluit as deel van Weskaap Tak lidmaatskap nie)
Ooskaap Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Ooskaap tak lidmaatskap)
Famnea, gedrukte uitgawe – (Gratis beskikbaar aan Noorwes tak lede en beskikbaar op hierdie webblad in elektroniese formaat)
GNUS, kwartaalikse nuusbrief van die Natal Middellande Tak
Noord Transvaal Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Noord Transvaal lidmaatskap)
Koste van elkeen van bogenoemde publikasies kan gevind word in die eGGSA se aanlyn aansoek vorm
Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is ‘n internasionale organisasie van persone wat hulle besig hou met die studie van genealogie, familiebome en familie geskiedenis wat ‘n Suid-Afrikaanse konneksie het.
Die GGSA se doel is om belangstelling en navorsing in genealogie en familie geskiedenis te bevorder en te vergemaklik.
Vir meer detail kyk asseblief na die GSSA se brosjure of sy webblad.
| ||||