Switch to English
Switch to English

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak

eGGSA projekte

Titel : Argiefvolumes bewaringsprojek

Projekleier : eGGSA bestuur - info@eggsa.org

Status : Voortdurend

Web skakel :

Hierdie projek het as oogmerk die fotografering van volledige volumes in die onderskeie argiewe. Die teikenvolumes is dié wat reeds onttrek is van publieke gebruik en dié wat moontlik onttrek kan word weens beskadiging. Die volumes sal dan op CD beskikbaar gestel word en kopieë sal aan die argiewe geskenk word vir hul gebruik.

Titel : Fotodiens projek

Projekleier : Richard Ball richard@eggsa.org en Annelie Els annelie@who-els.co.za

Status : Voortdurend

Web skakel : Argief Dokument fotobestellingdiens

Die eGGSA se fotodiens laat beide lede en nie-lede toe om digitale beelde van argiefdokumente in verskeie argiewe te bestel. Hierdie digitale beelde - meestal van sterftekennisse en boedels - word dan op die eGGSA webblad geplaas waar elek beeld volledig beskryf en geindekseer word. Die fotodatabasis is volledig soekbaar en kan deur lede sowel as nie-lede benut word. Sowat 14,600 fotos was teen die einde van 2007 in die fotobiblioteek beskikbaar.

Titel : Grafsteenfoto en -inskripsieprojek

Projekleier : Alta Griffiths - alta@pinnaclespot.co.za

Status : Voortdurend

Web skakel : Grafsteen projek

Die doelwit van hierdie projek is om ‘n volledige soekbare databasis van grafsteenfotos daar te stel wat vir lede sowel as nie-lede van eGGSA toeganklik is. Alle fotos word deur vrywilligers benoem/beskryf. Die projek is in laat 2006 van stapel gestuur en het ‘n groot hupstootjie gekry deur die beskikbaarstelling van sowat 25,000 fotos deur Kobus Snyman. Die oogmerk vir 2008 is om 100,000 fotos op die webblad beskikbaar te maak.

Titel : Bybelregisterprojek

Projekleier : Colin Pretorius - info@eggsa.org

Status : Voortdurend

Web skakel : Bybelregisters

Die Bybelregisterprojek het ten doel die beskikbaarstelling op die eGGSA webblad van fotos van die inskrywings wat in familieBybels verskyn. Waar nodig sal die fotos van transkripsies voorsien word.

Titel : Cambridge krematorium (Oos-Londen) transkripsieprojek

Projekleier : Brian Barrett - brianjill@telkomsa.net

Status : Voortdurend

Web skakel : Oos-Londen Cambridge krematorium  

Die Cambridge krematorium in Oos-Londen het toestemming verleen dat die dertien registerboeke wat die periode 1959-1996 dek, gefotografeer en transkribeer word. Die projekleier Brian Barrett het goedunstiglik die fotos aan eGGSA bekikbaar gestel en is tans besig om die registers te transkribeer. Die getranskribeerde registers word ook gekoppel aan die fotos wat reeds op eGGSA se soekbare fotoblad beskibaar is.


tuisblad | voordele | inhoud | sluit aan | privaatheidsbeleid | gedragskode | meer oor ons | skakels