Skakel oor na Afrikaans
Switch to English
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak

Argiefdokumentbestelling

LW: Daar is 'n aantal vrylike beskikbare versamelings van Suid-Afrikaanse Boedellêers en/of sterfkennisse op die eGGSA webwerf (eGGSA Document Library) en op die FamilySearch webwerf (FamilySearch South Africa). So ver ons weet bevat die boedels in hierdie versamelings nie alles in die oorspronklike lêer nie, maar die FamilySearch versameling blyk tenminste die sterfekennis, testament en Likwidasierekening te bevat.

Hierdie diens is vir enigeen beskikbaar. Lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (alle huidige lede van eGGSA is lede van dié Genootskap) sal egter 'n 50% korting ontvang.

Aangesien daar nie voor die tyd bepaal kan word hoeveel bladsye gefotografeer gaan word nie sal die finale bedrag wat u vir die fotos moet betaal eers aan die einde van die proses vasgestel kan word en betaling vir die fotos eers versoek word nadat die bladsye afgeneem is.

Vir meer inligting oor die pryse en die voorwaardes betrokke by die diens, lees asseblief: 
Argiewe Dokumente Hulp en Voorwaardes

Betaling kan d.m.v. PayPal of Bankoordrag geskied.

NB. Vir bestellings vanaf 4 Oktober 2015 geplaas is ons pryse soos hieronder:

 eGGSA / GGSA lede  Nie-lede.
R32 of $2 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus   R64 of $4 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus
  R16 of $1 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se foto   R32 of $2 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se foto
  R 8 of $0.50 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna   R16 of $1 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna

 

Klik asseblief op die toepaslike knoppie:

      

 

(woorde in blou is 'n skakel na meer inliging)


tuisblad | voordele | inhoud | sluit aan | privaatheidsbeleid | gedragskode | meer oor ons | skakels