Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
eGGSA tak
| Welkom | Voordele | Lidmaatskap | Inhoud | Meer oor ons | Skakels | Soek & Hulpblaaie |
Welkom by eGGSA - die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA). Sluit by ons aan vir 'n opwindende genealogiese ervaring!
eGGSA, wat in 2004 gestig is, is die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, en verskaf 'n virtuele tuiste vir alle vlakke van genealoë - van die beginner-navorser tot die mees gesoute familiehistorikus.
Sue Mackay se mees onlangse transkripsies van die "South African Commercial Advertiser 1847", is nou ook ingesluit in haar groot versameling van getranskribeerde uittreksels van vroeë Kaapse koerante, vanuit die oorspronklikes, wat gehuisves word in die Britse Nasionale Argief te Kew.
Die uittreksels het hoofsaaklik met items van persone te doen, soos hulle geboorte, huwelike en doods kennisgewings, asook ander interesante berigte, soos die verslae van Veldkornette oor families wat die Oos-Kaap in 1837 verlaat het om na die binneland te trek.
Hierdie transkripsies is in die Koerante afdeling van die eGGSA Biblioteek beskikbaar, met 'n soek fasiliteit om deur al hierdie koerant uittreksels te soek.
Ons hartlike dank word aan Sue oorgedra vir haar ontsaglike hoeveelheid tyd en moeite wat sy in gesit het, en nog steeds insit in hierdie baie waardevolle projek, en vir die beskikbaar stelling daarvan aan almal.
Junie 2009 - 140 000 Grafstene!Die totaal van grafsteen fotos in die Grafstene in Suid-Afrika versameling, danksy Alta Griffiths en haar helpers, is nou bo die 140 000.
Ons het alreeds 15 000 meer ontvang wat ons nou besig is om te te indekseer en beskrywings by te sit. As u daarmee wil help, kontak asseblief vir Alta Griffiths by alta@pinnaclespot.co.za
Hendrik Louw, wat onlangs as lid van die bestuurspan van eGGSA verwelkom is, het bedank om die pos as President van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika te aanvaar nadat hy as 'n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee en President tydens die Algemene Jaarvergadering van die GGSA wat die afgelope naweek te Bloemfontein gehou is, verkies is.
Johan Janse van Rensburg, voormalige president sal as lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee aanbly met die opdrag Tegnologie om sodoende na Tegnologiese aspekte, asook die GGSA se webtuiste om te sien.
Op 14 Julie 2008 het verteenwoordigers van die GGSA en dié van die WCA ontmoet en 'n verklaring oor die afneem van fotos van dokumente in die WCA is uitgreik. Meer inligting hier ....
Ons kan bestellings vir dokument fotos uit die Argiewe by Pretoria(TAB), Bloemfontein(VAB), Pietermaritzburg(NAB) en Durban(TBD) onderneem.
Lees assebelief ons Hulpblad vir meer inligting.
bied aan 'n versameling fotos:
Die ontwikkeling van genealogiese vaardighede deur die verskaffing van inligting, publikasies, navorsings-onderrig en ook deur skakelingsmoontlikhede.
Die daarstelling van skakels met verskeie groepe wereldwyd.
Die verhoging van publieke bewustheid van die navorsing oor en ontdekking van familiegeskiedenis.
Die bemarking van ons fassinerende genealogieveld.
Die aanbieding van 'n aantal projekte, gerig op die uitbreiding van die aanlyn beskikbaarheid, van Suid-Afrikaanse genealogiese bronne.
Jare lank is daar reeds mense wat om verskeie redes nie by 'n GGSA- tak kon aansluit nie. Van hierdie redes sluit in dat hulle te ver van 'n tak woon of dat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is. Tog het hierdie persone steeds die behoefte om aan 'n tak te behoort en ook in die voordele van GGSA-lidmaatskap te kan deel (voordele soos die ontvangs van GGSA se tydskrif Familia). eGGSA is gestig om aan hierdie behoeftes te voldoen.
eGGSA het 'n aanlyn-winkel waar verskeie van die GGSA se publikasies sowel as 'n aantal ander genealogiese, geskiedkundige en kultuur-historiese publikasies aangekoop kan word.
Ons webblad bied nou ook indekse van die artikels in Familia (die kwartaallikse tydskrif van die GGSA) sowel as van die artikels in genesis (die eGGSA se eie kwartaallikse tydskrif).
Een van ons opwindende nuwe aanbiedinge is die Aflaaibiblioteek wat onlangs aangekondig is. Hierdie biblioteek bevat 'n aantal gratis aflaaibare boeke (in PDF formaat), 'n groot aantal dokumente uit die SA Argiewe sowel as fotos van grafstene in verskeie SA begraafplase. Al hierdie dokumente in geindekseer en kruisverwys.
Besoek gerus on voordelebladsy om te kyk hoekom jy 'n lid van eGGSA móét word!