Maria ELizabeth SMITH

SMITH, Maria ELizabeth

Smith , Maria ELizabeth (Mollie) born Roodt

Born: 18 August 1930 at Elliot, Eastern Cape South Africa
Died: 4 July 2020 at Florida, Roodepoort, Gauteng, South Africa
Remains:  Cremated
Spouse:  Hendrik Bester Smith
Lived at: Florida, Roodepoort, Gauteng, South Africa
This article posted by: Ruth Smith

Ma Elizabeth Maria Smith (Roodt) gebore 18 Augustus 1930 in die Elliot distrik het haar reis hier by ons voltooi. Verlos van haar aardse pyne en beproewinge. Sy was die 2de dogter van 5 kinders gebore in Elliot, Ooskaap (een van 'n tweeling) van Oupa Jakobus en Ouma Rebecca Howard Roodt. Julie 1949 verhuis sy na JHB en begin werk by die oudeteurgeneraal by parkstasie. Gedurende die tyd ontmoet sy vir Pa Hendrik, ‘n polisieman en hulle trou Februarie 1951. Sy was 20 jaar oud gewees. Sy word huisvrou vir ‘n paar jaar. Na Gerrit en Leon se geboortes in 1954 het sy weer die werksmag betree. Jacques word gebore in 1965, sy wou so graag ‘n dogter hê maar toe hy volgens haar soos ‘n engeltjie lyk is hy en sy Pa vergewe vir die “mistake”. Na ‘n hartaanval die 11 Augustus 1969 verlaat Pa Hendrik ons op ‘n vroê ouderdom. 1972 begin sy werk by Parker Motors tot en met 2010 toe sy op 80 jarige ouderdom aftree. 1974 ontmoet sy vir Petrus Erasmus Sutherlande en hulle word lewensmaats. Broer Gerrit sterf 4 Jan 2000. Sy het altyd gesê om haar ouers en haar man te verloor was hartseer maar om ‘n kind te verloor het haar hart gebreek. 2001 sterf Dougie ook 1 dag nadat hulle by ons sou kom bly het. Moelike tyd in haar lewe om weer alleen te moes funksioneer na hulle so uit gesien het vir hulle aftrede saam.
7 Junie 2016 ervaar sy ‘n masiewe beroerte wat haar en ook ons lewens baie verander het. Martika se flinke optrede die dag het gehelp dat mediese hulp vining op gedaag het. Toe ek vir Ma verduidelik ons moet haar by die hospitaal kry, ek vermoed sy het ‘n beroerte gehad laat sy my in nie soveel woorde weet ek is nie ‘n dr nie sy sal net so 10 minute op die bed gaan le om beter te voel. Drs hetons mee gedeel dat ons die ergste moet verwag, maar ons Ou girl is ‘n Roodt meisie deur en deur…baklei en weet nie van opgee nie. Sy verhuis na Residentia Ons Huis Florida waar sy tot haar afsterwe gebly het. Soos haar oorlede Vader is sy een maand voor haar 90ste verjaarsdag dood. RIV Ma!

Photo gallery

Twins - Mollie & Boet
Oupa Koos& children
Mollie & Sons
Before Stroke
Surrounded by some grand and great granddaughters