LenisÉ JANSE VAN VUUREN

JANSE VAN VUUREN, LenisÉ

Janse van Vuuren , Lenisé

Born: 20 March 1998 at Phalaborwa Limpopo
Died: 6 May 2017 at R71 Phalaborwa
Remains:  Cremated
Lived at: Phalaborwa Limpopo
This article posted by: Lyndie Raath

Lenisé jy was altyd ons sonskyn kind. Jy was nuuskierig, wakker, liefdevol, lewendig, parmantig, passievol en uniek. Daar is niemand soos Lenisé nie en Lenisé is soos niemand anders nie.

Lenisé was wonderlik intilligent; meer as die meeste ander mense. Lenisé het meer as genoeg liefde vir almal rondom haar gehad. Sy het almal amuseer en vermaak, hulle laat lag en giggel.

Met jou lewensdrif en entoesiasme was jy 'n besieling vir baie mense om jou, veral vir jou maats wat soms swaar gekry het.

Jou lewe is kort geknip in 'n motor ongeluk. Ons almal is van 'n toekoms saam jou ontneem.

Ons koester al die "awesome memories" saam met jou en sal jou vir ewig lief hê.