Anna Johanna COETZER

COETZER, Anna Johanna

Coetzer , Anna Johanna born Fourie

Born: 21 February 1926 at Potchesfstroom
Died: 9 September 2009 at Louis Trichardt
Remains:  Cremated
Spouse:  Johannes Marthinus
Lived at: Springs
This article posted by: Lyndie Raath

My herinnering van my pa se ma, My liefste Ouma Anna

Dis 'n soort omhelsing wat ek nooit ten volle kan beskryf nie. Sy was altyd warm en haar reuk was amper soos 'n tuiskoms. Sy was wys en sag en sy het my uit my maag laat lag. Dis hoe ek Ouma onthou

Vroëer jare het Anna vir Pilkington Glass, Springs Munisipaliteit & Allied Bouvereniging gewerk. Sy was ook 'n kantoor dame vir die destydse SAP en het hul tikwerk gedoen.

Anna het 3 seuns, Martin, Johan & Bertus in die lewe gebring en was 'n fantastiese ma vir haar 3 kinders gewees. Vir Anna sou jy nie sommer sonder 'n stuk breiwerk in die hand teëkom nie. Op die maat van die ritmiese geklik van haar breipenne, het sy toeka terug se stories sit en vertel.

Anna het ook 'n liefde vir mooi klere & skoene gehad. 'n Statige ou dame wat jy deur 'n ring kon trek.

Anna was 'n kranige ondersteuner van sport, haar voorliefde was rugby, tennis & krieket. As Ouma Anna by ons aan huis gegaan het, het ons haar bederf met 'n glasie Cape Velvet. Musiek gespeel en dan het Ouma vir jou 'n paar dans passies daar uitgehaal wat skrik vir niks. Sy het haar klein kinders & agter klein kinders behoorlik vermaak met haar stories & dans passies

Ouma Anna het 'n diep leemte in ons harte gelaat