Johannes Marthinus COETZER

COETZER, Johannes Marthinus

Coetzer , Johannes Marthinus (Paul)

Born: 25 May 1924 at Umtata KZN
Died: 8 March 1983 at Springs
Remains:  Buried No Tombstone
Spouse:  Anna Johanna Coetzer
Lived at: Springs
This article posted by: Lyndie Raath

My herinnering van my pa se pa, My liefste Oupa Paul

Al ooit 'n superheld ontmoet? Nie? Kom ek stel jou voor aan die ysterman. Oupa Paul was fris gebou en was op 'n tyd Mnr Noord Rhodesia gekroon. Super sterk gewees, vra maar die manne wat in Cassedale Hotel uithang het, in die kroeg saam Paul se seun Bertus. Hul het vinnig 'n kroeg ontruim as hulle Oupa Paul sien aankom.

Paul was 'n myner in murg & been, hy was 'n plofstof deskundige. Paul het in Umtata by die spoorwee gewerk. In Zambia het hy in die kopermyn gewerk. Na 25 jaar se diens by Daggafontein, het Paul besluit om vir Dunnotter hospitaal te gaan werk as ketel maker.

As kind onthou ek dat oupa altyd 'n kam in sy kous gedra het, asook 'n knipmes in sy broeksak. Paul was streng met sy 3 seuns, maar sag met ons sy klein dogters (ek en my sussie). Daardie einste knipmes in sy broeksak het ons rolskaats skoen se stopper gekerf. Kort kort het oupa ons stopper met sy knipmes gesit en kerf, sodat ons ordentlik kan stop as ons moet. Oupa Paul was 'n fantastiese oupa vir ons gewees.

Paul was vreeslik lief vir geestelike musiek, daardie passie het hy met sy skoondogter (my ma) gedeel. Saam het die twee gesit en musiek luister. Paul was 'n fantastiese pa vir sy 3 seuns gewees. Hy het nog nooit 'n rugby wedstryd van sy seuns gemis nie, altyd langs die rugby veld om hul te ondersteun.

Oupa Paul het 'n diep leemte in ons harte gelaat