Daniel Johannes BOTHMA

BOTHMA, Daniel Johannes

Bothma , Daniel Johannes (Oupa Daan)

Born: 6 January 1926 at Springs
Died: 26 November 1975 at Springs
Remains:  Buried in Springs
Spouse:  Winifred AliceBothma
Lived at: Geduld Uitbreiding Springs
This article posted by: Lyndie Raath

Daniel Johannes Bothma was getroud met Winifred Alice Bothma (gebore Mellet)

Daniel Johannes was die 3de oudste kind van 7 kinders in die huis gesin. Sy ouers was Daniel Johannes Bothma & Hendrina Stoffelina Mey Bothma (gebore De Beer). Op 13 jarige ouderdom het Daniel sy pa afgestaan aan die dood vanweë 'n motor ongeluk. Op 43 jarige ouderdom is Daniel se ma & 2 susters ook oorlede vanweë 'n motor.

Daniel was 'n ketel maker en het 'n rooi seël gehad vir sweis werk. Daniel het by Groot vlei myn in Springs gewerk. Daniel het ook in sy vrye tyd smous werk gedoen en het aan organisasie behoort om produkte te verkoop.

Daniel was 'n goeie, liefdevolle, bemoedigende man met integriteit wie se teenwoordigheid gevoel kon word as hy by 'n vertrek ingestap het. Hy het sy familie bo alles lief gehad, en sy liefde vir sy klein kinders (Lyndie & Pauli) het alles oortref. Sy bedagsaamheid was onbeperk en sy dade van vriendelikheid ontelbaar. Daniel was 'n stil man, maar sy stilte kon boekdele spreek.

Daniel se lewe is kort geknip op 49 jarige ouderdom van 'n hartaanval

Ons is gevul met herinneringe aan 'n baie spesiale man, wat diep spore in ons lewens nagelaat het. Hierdie spore sal bly voort leef in almal wat hom lief gehad het.