Hendrina Stoffelina Mey BOTHMA

BOTHMA, Hendrina Stoffelina Mey

Bothma , Hendrina Stoffelina Mey born De Beer

Born: 10 December 1898 at Springs
Died: 1 September 1969 at Leslie - Standerton Pad
Remains:  Buried in Springs
Spouse:  Daniel Johannes Bothma
Lived at: Geduld Uitbreiding Springs
This article posted by: Lyndie Raath

Hendrina Stoffelina Mey Bothma (gebore De Beer) was getroud met Daniel Johannes Bothma

Hendrina was woonagtig in Geduld uitbreiding Springs. Hendrina was 'n huis vrou en het na haar 7 kinders omgesien, terwyl haar man gewerk het. Hendrina & Daniel het 6 kinders gehad & 1 seun aangeneem.

Haar klein kind, Rina onthou dat haar Ouma 'n baie sagte, liefdevolle persoon was met 'n hart van goud.
Ouma was baie gelowig en geen slegte woord het uit haar mond gekom nie. Sy sou van tyd tot tyd haar klein seuns kry om haar skoorsteen skoon te maak, teen vergoeding natuurlik.

Hendrina is op 1 September 1969 oorlede in 'n motor ongeluk saam haar 2 dogters, die enigste oorlewendes in die voertuig was haar 3 kleinkinders.

Hendrina het 'n diep leemte in ons harte gelaat.