Mattheus Johannes WILLEMSE

WILLEMSE, Mattheus Johannes

Willemse , Mattheus Johannes (Mattheus)

Born: 5 November 1936 at Pretoria
Died: 4 May 2020 at Heidelberg Hospitaal
Remains:  Cremated
Spouse:  Ida Mary Graham (1944-)
Lived at: Nigel
This article posted by: Stoffel Willemse

Mattheus is die oudste van twee seuns. Sy eie pa is oorlede toe hy nog nie 5 jaar oud was nie en hy het nooit baie herinnerings van sy pa gehad nie. Sy moeder is weer getroud en op die ouderdom van 21 is daar vir die twee broers 'n sussie gebore. Mattheus voltooi sy skoolopleiding aan die Hoƫrskool Nylstroom in 1954. Hy het gaan studeer vir onderwyser maar het sy studies opgegee weens swak gehoor. Daarna het hy by SAPPI by Springs gaan werk waar hy sy lewensmaat ontmoet het. Hulle is in 1967 getroud en het naby Ellisras gaan boer. In 1970 verhuis die egpaar na die plaas Wintersveld tussen Vivo en Alldays. Hier het Mattheus baie diep spore in die gemeenskap getrap. Nie net was hy op talle kommitees nie maar het ook gedien op die droogtehulpkommitee gedien in die 80's en was 'n suskesvolle beesboer. In 1993 verhuis hy na Wakkerstroom en in 2000 na Nigel waar hy ook afgetree het. Aan die einde van 2019 kry hy 'n beroerte aanval en kort daarna word uitgevind dat sy kanker versprei het en dat daar niks meer is wat medies vir hom gedoen kan word nie. Op 4 Mei 2020 sterf hy alleen in Heidelberg Hospitaal aangesien niemand hom daar mag besoek het nie weens die inperkings van die regering. Net 'n dag later sterf sy jongste dogter ook aan komplikasies na 'n motorongeluk.

Photo gallery