News Item
- Besonderhede
- Geskryf deur: Alta Griffiths, eGGSA Voorsitster
Baie geluk aan Riana le Roux en haar uitsonderlike span vrywilligers met hierdie besonderse prestasie. Dit is baie ure se werk, geduld en harde arbeid wat in die projek in gaan.
Groot dankie aan almal wat fotos bydra, fotos op die web laai, fotos merk, begraafplase indukseer en die webblad instandhou vir hierdie uiterse waardevolle projek. Ons waardeer alles wat julle vir ons doen.
Die projek groei so vinnig, ons sien uit na die volgende mylpaal.
- Besonderhede
Ses maande se uitreksels vanaf die Staatkoerant van die Kaap is bygevoeg by die eGGSA Koerant Uitreksels, vir die periode tussen Junie tot Desember 1830.
Die transripsies is deur Brenda Gassnet gedoen en ons is haar baie dank verskuldig.
- Besonderhede
Die dope is deur Corney Keller gestransribeer vanaf die fotos van die Kaapse Agriewe VC 645. Hierdie is ‘n stel foto kopieë van die oorspronklike register wat in die 1980’s, vir die Wetenskaplike Navorsinging Raad (WNNR) gemaak is. Kopieë was aan die Suid Afrikaanse Argiewe gegee en ‘n kopie het gegaan aan die Kaapse Argief en een aan die Pretoria Argief ( waar dit deel uitmaak van die FC reeks). Die oorspronklike register word tans in die Nederduits Gereformeerde Kerkargief, Noordwal-Wes, Stelenbosch as G3 3/2 bewaar. Die dope is by ons eGGSA BDM databasies bygevoeg.
Ons innigste dank aan Corney Keller vir die transribering en die NG Kerkargief vir die bewaring en instadhouding van die rekords.
- Besonderhede
- Geskryf deur: Richard Ball
Die versameling grafstene het so gegroei dat dit meer gerieflik geword het om hulle up hul eie webwerf te huisves. Die grafte kan gevind word by http://www.graves-at-eggsa.org/
Skakels wat u gestoor het sal nog reg by die graf of begraafplaas uitkom, maar as u gestoorde skakels na die nuwe vorm wil verander, sal u dit maklik vind om hulle in lyn te bring. Die vorige adres sou gelees het
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=2898227 teenoor die nuwe adres wat lees
http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=2898227
Al wat u moet doen is om die eggsa.org/library met graves-at-eggsa.org te vervang.
