Written by eGGSA on . Posted in FAQS.

Lidmaatskap - vrae en antwoorde

Wat is eGGSA?

Wat is die koste om aan te sluit?

Hoe betaal ek?

Wat is my voordele as lid van eGGSA?

Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?

Om die aansoekvorm te voltooi: wat is die verskillende opsies ?


Wat is eGGSA?

eGGSA is die virtuele of aanlyn tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, bedoel vir diegene vir wie dit nie moontlik is of nie belangstel, om lid van enige landgebaseerde takke van die GSSA te word nie. Om lid van die eGGSA te word is dit noodsaaklik om aan te sluit of moet u reeds ‘n lid van die voornoemde organisasie wees.

Indien u ons aanlyn aansoek vir lidmaatskap gebruik sal u outomaties geregistreer word as lid van albei organisaies.

Klik hier om as lid te registreer van eGGSA en die GSSA: Sluit aan


Wat is die koste om aan te sluit?

Die jaarlikse tarief, in Januarie van elke jaar betaalbaar, is tans ZAR 280.00 (ongeveer USD 23.00). Hierdie bedrag sluit in lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.


Hoe betaal ek?

Met die aanlyn aansoek vorm: as u 'n Suid-Afrikaanse bankrekening het kan u per bank oordrag betaal, indien nie kan u PayPal gebruik.


Wat is my voordele as lid van eGGSA?

Bykomend tot die voordele van lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (sien hieronder), ontvang lede van die eGGSA Tak die volgende voordele:

genesis Issue 13, Januarly 2007

Capensis, gedrukte uitgawe, gepubliseer deur die Weskaap tak (nie ingesluit as deel van Weskaap Tak lidmaatskap nie)
Ooskaap Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Ooskaap tak lidmaatskap)
Famnea, gedrukte uitgawe – (Gratis beskikbaar aan Noorwes tak lede en beskikbaar op hierdie webblad in elektroniese formaat)
GNUS, kwartaalikse nuusbrief van die Natal Middellande Tak
Noord Transvaal Tak Nuusbrief (ingesluit as deel van Noord Transvaal lidmaatskap)
Koste van elkeen van bogenoemde publikasies kan gevind word in die eGGSA se aanlyn aansoek vorm


Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is ‘n internasionale organisasie van persone wat hulle besig hou met die studie van genealogie, familiebome en familie geskiedenis wat ‘n Suid-Afrikaanse konneksie het.

Die GGSA se doel is om belangstelling en navorsing in genealogie en familie geskiedenis te bevorder en te vergemaklik.

Vir meer detail kyk asseblief na die GSSA se webblad.


Om die aansoekvorm te voltooi: wat is die verskillende opsies ?
(nommers soos op die aansoekvorm)

1. Die kalenderjaar vir Lidmaatskap is vanaf Januarie tot Desember, ongeag van wanneer u sou aansluit.

2. Hierdie afdeling bestaan uit twee opsies. 

3. Dui asseblief aan of u die lidmaatskap hernu of aansoek doen vir nuwe lidmaatskap..

4. As ‘n lid van eGGSA (en dus ook van GSSA) sal u, as deel van ‘n lidmaatskap, die GSSA kwartaallikse Joernaal Familia in elektroniese formaat (Adobe Acrobat pdf) ontvang. In hierdie afdeling mag u ook die opsie kies om, addisioneel, die gedrukte weergawe van die joernaal, teen ekstra koste soos gespesifiseer, te ontvang.

5. Dui asseblief aan of u verkies om kommunikasie in Afrikaans of Engels te ontvang.

6. U mag ook die opsie kies om, teen ekstra koste soos gespesifiseer, ‘n verskeidenheid publikasies van GSSA takke, te ontvang.

7. U mag enige familienaam wat van spesiale belang vir u is, aandui.

8. Dui asseblief aan of u bereid is dat enige detail wat u voorsien het met hierdie vorm deur die GSSA gebruik mag word in sy publikasies.