Oorsprong van een van die bekendste handelsmerke ter wêreld: His Master’s Voice
Francis James Barraud (Marylebone, 16 June 1856 – Hampstead, 29 Augustus1924) was ‘n Engelse skilder. Hy is veral bekend vir sy werk His Master's Voice, een van die bekendste handelsmerke in die wêreld, wat die musieknywerheid se handelsmerk geword het wat deur groot korporasies soos HMV, EMI en RCA Victor gebruik word. Dit beeld ‘n terrierhondjie genaamd Nipper uit wat met ‘n gebuigde kop en skynbaar intelligente waardering luister na sy oorlede eienaar se stem vanuit ‘n opwengrammofoon met ‘n wassilinder. Dit het die ontluikende veld van klankopnames help gewild maak en vir Barraud wêreldwye roem besorg. Hy het daarna gevestig geraak as ‘n kunstenaar vir korporatiewe kliënte en die res van sy loopbaan daaraan bestee,om twee dosyn kopieë te maak van die skildery wat hom beroemd gemaak het.
In 1899 het Francis Barraud dié skildery aan die Gramophone Company aangebied. Die trefkrag daarvan het die maatskappy oortuig om dit aan te koop, maar die ou wassilinder moes op die skildery verander word omdat wasopnames verouderd was en vervang is deur plaatopnames. Die maatskappy het die beeld die volgende jaar as hul nuwe handelsmerk bekend gestel, en hul naamverander na His Master’s Voice wat daarna wêreldbekend geword het. HMV was die eerste musiekmaatskappy wat volledige opnames van Simfonieë en strykkwartette bemark het. HMV het die eerste opname van ‘n opera in 1903 gemaak.
Bronnelys:
- Hurd, M: The Oxford Junior Companion to Music; Mcwhirter, A: Illustrated Encyclopedia of Essential Knowledge.
- Hits: 3