Skip to main content

Suid-Afrikaners se voorliefde vir Vuurwapens

Die aardrykskundige en natuurkundige geaardheid en omstandighede van Suid-Afrika het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van die trekboer en veeboerpionier wat weer op hul beurt  aanleiding gegee het tot ‘n liefde vir die natuur, jag en ruiterskap en daarmee saam ‘n liefde vir vuurwapens vir selfverdediging en lewensonderhoud.

Omstandighede wat oor honderde jare strek, het die trekboere en veeboere gevorm en geslyp. Hul stam oorspronk-lik uit ‘n gemeenskap van Hollanders wat hulself en alles wat vir hul kosbaar was, vir 50 jaar teen die volle mag van Spanje, destyds die magtigste wêreldstaat, moes verdedig. Vermeng hirerdie groep met die onbuigsame Franse Hugenote wat tydens die herroeping van die Edik van Nantes om godsdiensredes huis en haard versaak en hul geliefde vaderland vir altyd verlaat het. Weens hierdie ervarings het hul geen oorheersing geduld nie. As afstamme-linge van hierdie onverskrokke volke, bekend vir hul vasberadenheid, was hul ‘n amalgaam waaruit ‘n geharde, stoere, onoorwinlike ras gevorm is.  Plaas nou hierdie gedugte mense in omstandighede waaronder geen swakkeling sou oorleef nie, oefen hulle vir geslagte in voortdurende stryd met barbare en wilde diere, sodat hulle ‘n uitsonder-like vermoë as ruiters met vuurwapens verwerf en gee hulle ‘n land wat by uitstek geskik is vir die taktiek van jagter, skerpskutter en ruiter. Die oorlewingsvermoeëns is uiteindelik getemper deur ‘n streng Ou Testamentiese geloof, leringe, opvattings en tradisies asook ‘n vurige, veterende vaderlandsliefde. Verenig nou hierdie eienskappe in ‘n enkeling: dit is die Suid-Afrikaanse trekboer en veeboerpionier. Hulle het op die veld aangekom  en groot geword, was altyd hul eie baas. Al wet wat hul ooit geken het, was die natuurwet van sonsopkoms en-ondergang, en die verloop van die jaargetye. Onwetend het hul ‘n nuwe volk opgebou, gebore uit die grond van Afrika, met ‘n enkele onderskeidende karkteraard en eiesoortige taal.  ‘n Ras van geharde grensbewoners, gewoond aan ongerief, ont-bering, ‘n eiesinnige, volhardende mens van kaliber in ons bloedsamestelling. ‘n Harde natuur het harde mense geskep.

Hierdie selfonderhoudende grensboere was self verantwoordelik vir eie veiligheid, verdediging en lewensonder-houd. Geen wonder dat ‘n sterk onafhanklikheidsin en indiwidualisme onder hierdie omstandighede ontwikkel het nie.  Volgens Wilhelm Raabe in sy “Die Schwarze Galeere”, het ‘n hele geslag gekom en gegaan sonder om te weet watdie betekenis is van Vrede en Menslikheid. In sy “Travels into the interior of South Africa” beskryf John Barrow die lewensomstadighede aan die Oosgrens: “An inhabitantof the Sneeuberg (Graaff-Reinet) has not only the continual apprehension of losing his property, but lives in a state of perpetual personal danger. Should he depart to the distance of 50 yards from his house, he is under the necessity of carrying a musquet. He can neither plow, nor sow, nor reap without his arms. If he would gather a few greens in the garden, he must take his gun in his hand. To bear a life of such constant dread and anxiety, a man must be accustomed to it from infancy or unacquainted with one that is better.

Geen wonder dat daar van vroeg af by die deursnee Suid-Afrikaner ‘n inherente liefde vir vuurwapens aangewakker is nie. Weens die talle oorloë en onrus in ons land se geskiedenis het mense hul uit noodsaak bewapen. Tradisioneel het seuns op hul sestiende verjaardag hul eerste eie vuurwapen ontvang.

Een van die gewildste en die algemeenste vuurwapens was die bekende Martini-Henry geweer. Die dubbeldoornaam is afkomstig van Friedrich von Martini, die Oostenrykse ontwerper van die valblokslotmeganisme en Alexander Henry, die Skotse patenthouer van die ses-groef geweerloop. Brittanje hetin 1871 die Martini-Henry as hul militêre diensgeweer in gebruik geneem. Britse soldate hetdie geweer na Suid-Afrika gebring, waar dit spoedig in die handel beskikbaar geword het. Dit het weens sy betroubaarheid en doeltreffendheid gewild geword. Die swaar koeël het’n erge wond veroorsaak en is selfs vir olifantjag gebruik. As militêre geweer het dit twee nadele gehad:  Die swartkruit-dryfmiddel het ‘n blou rook gevorm wanneer geskiet word en so die skutter se posisie verraai, en omdat die geweer nie ‘n magasyn gehad het nie, kon net ‘n enkele patroon op ‘n slag gelaai word.

Die Martini-Henry is ook deur die Boere in oorloë gebruik, oa. Die Eerste en Tweede Vryheidoorloë, die Slag van  Majuba 1881, en natuurlik in sommige grensoorloë, en Brittanje se Zoeloe-oorlog van 1879 (Isandhlawana) en die Slag van Rorkesdrif, 1879.

Bronnelys:

  • Albertyn, CF: Ensikopedie van die Wêreld
  • Giliomee & Bengu: Nuwe Geskiedenis van SA
  • Harding, D: Weapons, an International Encyclopedia
  • Lategan, FV: Die Boer en sy Roer
  • Potgieter,DJ: SESA: Rosenthal, E: Encyclopedia of Southern Africa
  • Saunders, C: Illustrated History of South Africa; Scannell, JP: Afrikaanse Kernensiklopedie
  • Wolhuter, H: Memories of a Game Ranger.
  • Hits: 1