Skip to main content
logo3.jpg

Wietz Jacobus BEUKES

BEUKES, Wietz Jacobus

Beukes , Wietz Jacobus

Born: 18 September 1932 at Verkeerdevlei
Died: 24 August 1998 at Stellenbosch
Remains:  Cremated
Spouse:  Marie Otto
This article posted by: Wietz Beukes

Wietz Beukes is op 18 September 1932 op ‘n plaas naby Verkeerdevlei in die Brandfort-distrik gebore. Laerskool Germiston (1939-1946) en hoërskool (1947-1950); Na skool het hy van 1951 tot 1959 by die destydse Volkskasbank as klerk gaan werk, maar aan die einde van 1959 het hy duidelik die roepstem van die Here gehoor. Hy is na die Universiteit van Stellenbosch vir sy teologiese opleiding waar hy heelwat ouer as ander studente was. Op universiteit het hy deelgeneem aan die Berg-en-Toer klub (BTK) se aktiwiteite en ook graag tennis gespeel. Hy was veral bedrywig met sendingwerk en is op 30 November 1967 gelegitimeer en is net hierna, op 9 Desember 1967, met Marie (MMW) Otto getroud.
Sy eerste gemeente was Ermelo waar hy op 18 April 1968 georden is. Na drie jaar diens in Ermelo is hy in Julie 1971 as leraar van Dullstroom bevestig. Na vyfjaar diens in hierdie Transvaalse Hoëveld-gemeente, het hy in Januarie 1976 na die Vrystaatse Goudveld gegaan – na die NG Gemeente Odendaalsrus. Hy dien sewentien jaar in hierdie gemeente en op 18 April 1993 is hy geëmeriteer.
Wietz was ‘n predikant wat dit geniet het om huisbesoek te doen en het gemaklik met mense omgegaan.

Photo gallery

The photographs and information on this page have been added by the users.

eGGSA does monitor the submissions but takes no responsibility for the accuracy or otherwise of the published information.

Header picture credits: Richard Ball, Hu Chen