Skip to main content
logo3.jpg

Daniel Johannes EYBERS

EYBERS, Daniel Johannes

Eybers , Daniel Johannes (Danie)

Born: 4 January 1952 at Springs
Died: 17 November 2017 at Donald Gordon Hospitaal
Remains:  Cremated
Spouse:  Amanda Eybers
Lived at: Springs
This article posted by: Lyndie Raath

My herinneringe aan 'n fantastiese mens, my ma se broer - Danie Eybers

Oom Danie was die middelste kind van 3 kinders. Sy ouers was Lourens & Lenie Eybers. Van jongs af het hy sy onderwys vaardighede uitgeleef. Sy broer Roelf & suster Rina het gereeld deur geloop en pak slae in sy kamstige skool klas gekry.

Hy het met sy skool liefde Amanda getrou. Albei van hulle was in die onderwys. Hy het 'n groot liefde vir Biologie gehad. Hy was ook die onderhoof by Hugenote in Springs. Danie was 'n dinamiese mens met baie liefde vir almal. Hy het potensiaal in sy leerlinge gesien en vir hul groei geleenthede geskep.

Danie & sy huisgesin was lief vir die natuur & het skoolvakansies in die Nasionale Kruger Wildtuin gekamp

Ons is gevul met herinneringe aan 'n baie spesiale man, wat diep spore in ons lewens nagelaat het. Hierdie spore sal bly voortleef in almal wat hom lief gehad het.

The photographs and information on this page have been added by the users.

eGGSA does monitor the submissions but takes no responsibility for the accuracy or otherwise of the published information.

Header picture credits: Richard Ball, Hu Chen