News Item
- Besonderhede
- Geskryf deur: Cornel Viljoen
Toegang tot die Facebook Argief
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons nou al ons Facebook-plasings hier op die webwerf argiveer! Hierdie inisiatief verseker dat die ongelooflike werk wat ons vrywillige publiseerders oor die jare gedeel het, bewaar, gevier en altyd toeganklik bly.
Van hartroerende stories tot gemeenskapsmylpale — elke plasing weerspieël die passie en toewyding van ons vrywilligers. Deur hierdie inhoud na die webwerf te bring, beskerm ons nie net ons geskiedenis nie, maar maak dit ook makliker vir almal om dit weer te besoek en die reis saam met ons te waardeer.
Dankie aan al ons vrywillige publiseerders — julle bydraes bly 'n bron van inspirasie en verbind ons steeds.
- Besonderhede
- Geskryf deur: Richard Ball
Ons het 'n aantal van ons maandelikse zoom-aanbiedings op YouTube. Die kanaal word bestuur deur Cornel Viljoen.
Dankie aan al ons gassprekers vir julle interessante aanbiedings wat met soveel entoesiasme gelewer is en ons toestemming verleen het om julle praatjies op YouTube te plaas. Spesiale dank ook aan ons kykers wat altyd by ons aansluit vir hierdie vergaderings sowel as aan National dat ons hul Zoom vir hierdie aanbiedings kon gebruik.
Jy kan die lys van Praatjies op YouTube hier vind.
- Besonderhede
- Geskryf deur: Richard Ball
Uiteindelik het ons die nuwe grafte-webwerf klaargemaak en beskikbaar gestel: graves.eggsa.org
Met die hulp van Riana le Roux en Corney Keller het ek al die foto's na die nuwe webbediener oorgeplaas en dan, met behulp van programskrifte, al die byskrifte en beskrywings van die ou databasis na die nuwe een oorgedra. Ek kan nie waarborg dat elke item korrek gedoen is nie maar ek glo dat 98% korrek is.
Dit was nogal 'n werk!
Die foto's is nou beskikbaar gegroepeer volgens hul provinsie wat elk 'n soekfunksie het om soekers te help om die graf waarna hulle soek te vind. Ons weet dat baie van die beelde sywaarts is en ons is nou besig om dit reg te stel. Rapporteer asseblief enige ander probleme wat jy teëkom deur vir my 'n skakel na die probleem te stuur, Richard Ball
Gaan asseblief voort om enige wysigings, sowel as nuwe graffoto's, aan ons te stuur, ons sal dit so gou as moontlik aanpas, Riana le Roux
- Besonderhede
Lynn Couperthwaite het die lys van artikels in genesis, eGGSA se kwartaallikse tydskrif-nuusbrief, bygewerk sodat dit nou van die eerste uitgawe van 2004 tot ny die laaste uitgawe van 2024 strek: Genesis - inhoud 2004 - 2024
