Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak
 
  Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Port Elizabeth Women’s Club, Summer Strand, 25 Februarie 2006
 
    

eGGSA Jaarverslag 2005

 

eGGSA het weer 'n baie goeie jaar gehad - in terme van werwing van nuwe lede, retensie van bestaande lede en ook in terme van produkte wat ons namens GGSA en ander organisasies verkoop het.

 

Kom ons kyk eers na die belangrikste: ons lede en die dienste wat ons aan hulle bied. Aan jaareinde het die eGGSA 265 lede gehad. Dit het weer sterk groei vanaf 2004 verteenwoordig, toe ons met jaareinde 144 lede gehad het. 'n Beduidende persentasie van ons lede was nie vantevore by die Genootskap betrokke nie.

 

Ons lede is soos in die verlede wyd oor die wereld versprei, hoewel ons natuurlik steeds 'n redelike klompie RSA lede het. 'n Groot aantal van ons RSA lede is ook lede van ander takke.

 

Distribusie van ons lede:

In RSA, slegs eggsa : 81

in RSA, ook ander takke : 102

VSA : 25

Aus/NZ : 31

Europa : 26

 

Net minder as 55% van ons lede is manlik (145 vergeleke met 120 vroulike lede). Taalgewys is ons lede redelik gelyk verdeel tussen Afrikaans (137) en Engels (128).

 

genesis:

Een van die dienste wat ons aan ons lede bied, is die publikasie van ons kwartaallikse tydskrif genesis. genesis word oor die algemeen baie goed ontvang en hoewel ons hierdie jaar van ons redakteur afskeid moes neem, kon ons steeds danksy Gerda Pieterse en Colleen Orr se hulp 'n hoλ gehalte tydskrif aan die lede lewer.

 

Sommige van die artikels wat hierdie jaar in genesis publiseer is, sluit in:

• Die dood van Christoffel Petrus Pretorius in die Heilbron konsentrasiekamp
• The search for John Williams
• The Holy Trinity Church, Belvidere, Knysna
• Wiltshire Settlers on the Weymouth
• My branch of the Barker family in South Africa
• Die oorsprong & eerste geslag van die Pottas/Pothas/Potas familie in Suider Afrika
• The Reverend Benjamin Croft Goodison
• Die geslagsregister van Petrus Jacobus Pretorius
• Giving meaning to family history research

 

Die dagboek van Jacobus Wille is ook in 'n aantal uitgawes geserialiseer, en dit word in 2006 voortgesit.

 

Ons het ook 'n aantal lang bydraes ontvang wat in 2006 in episodes gaan verskyn. Hierdie sluit in:

• Die ontwikkeling van die Afrikaanse stelsel van voornaamgewing, deur WAM Carstens
• The Cronje letters: Boer Correspondence in 1881, deur Adam Yarney en Johan Pottas
• Die Herinneringe van stamvader Hoogenboezem

 

eGGSA webblad:

eGGSA se webblad geniet heelwat aandag. Ons het ook onlangs begin met 'n projek om 'n aantal transkripsies gratis beskikbaar te stel via die web. Die transkripsies wat tans deur Richard en Keith se harde werk beskikbaar gemaak kon word, sluit in:

• Monsterrol van de vrije luijden aan die Kaap de Goede Hoop
• Die sterfgeval van Andries Stockenstrom en sy kommando
• The Massacre at Zuurberg

 

Die volgende projek waaraan gewerk word is die beskikbaarstelling van begraafplaas fotos - fotos sowel as transkripsies van die grafstene. Hierdie projek word grootliks deur ons webmeester bedryf, terwyl ons lede direk hul fotos en transkripsies oplaai.

 

Laastens word daar gewerk aan die beskikbaarstelling van 'n aantal boeke as gratis aflaaibare PDF lκers. Sover is die Duvenage boek en die Nageslag van Johannes de Waal beskikbaar.

 

Verkoopsooreenkomste:

Ons het met verskeie organisasies en ook privaat persone verkoopsooreenkomste aangegaan of bestaande ooreenkomste hernu. Tans het ons die volgende ooreenkomste:

• NG Kerk Stellenbosh - die Doopregister Cd en die Kerkgeskiedenis CD
• Hugenotevereniging - Die Hugenote Bulletin CD
• Gisa - die Naude Familiekroniek CD
• Wellington Museum - Geskiedenis van Wellington CD
• Drakenstein Heembring - Bewaarders van ons erfenis CD en -boekies
• Vriende van Afrikaans - Ou Vriende CD
• Helena Conradie - Skeffie Beffel en TT Cloete gedigte Cd's
• Thys du Preez - Die Du Preez familie in SA CD
• Jaleen de Beer - Die De Beer Familie in SA CD
• Vince Otto - Genealogies of Otto Families (boek, CD en aflaaibaar)
• Hugo Slater - 1820 Settler Family trees CD
• Delia Robertson - Cape Melting Pot CD

 

Uit bostaande ooreenkomste is daar in 2005 die volgende Cd's verkoop:

• 24 * Hugenote Bulletin
• 19 * Cape Melting Pot
• 18 * 1820 Setlaars
• 16 * Doopregisters
• 14 * Skeffie Beffel
• 13 * Bewaarders van ons erfenis
• 11 * Otto Genealogies
• 9 * De Beer familie
• 9 * Ou Vriende
• 6 * Naude Familiekroniek
• 5 * NG Stellenbosch Kerkgeskiedenis
• 5 * Wellington geskiedenis
• 3 * Du Preez familie

Bostaande verkope het R18090 aan die verkopers gelewer en 'n netto opbrengs van R3385 aan die eGGSA besorg.

 

Verkope van GGSA produkte:

Ook wat die verkope van GGSA produkte betref het eGGSA 'n goeie jaar beleef. Die volgende produkte is verkoop:

• 43 * begraafplaas cd's
• 31 * Familia cds
• 16 * familia artikels
• 10 * Bybelregisters
• 10 * Omnibus 2003
• 8 * Boedelkennisgewing cd's
• 4 * Omnibus 2002
• 4 * Indian Migrants cd
• 3 * Killian boeke
• 1 * Van wyk cd

Bostaande verkope het 'n inkomste van R17140 vir die GGSA gegenereer en R545 vir eGGSA opgelewer.

 

Finansies:

Die toename in ons ledetal, die styging in die subskripsies vir genesis asook die verkope hierbo genoem, het 'n positiewe invloed op ons finansiλle posisie gehad. Teen jaareinde het die eGGSA 'n saldo van R16981.93 in die bank, met geen krediteure nie. Dit vergelyk met 'n batige saldo van R3308.53 aan die einde van 2004.

 

Vooruitsigte vir 2006:

 

Na aanleiding van kommentaar van ons lede, wil dit lyk of ons dinge reg doen en tans aan hulle verwagtinge voldoen. Soos met enige dinamiese organisasie moet ons egter die oog op die toekoms hou en aankou innoveer ten einde steeds ons dienste aan lede te verbeter. Een van die tekortkominge van enige vrywilliger-organisasie is egter dat daar selde genoeg mense beskikbaar is om die werk te doen. So is dit ongelukkig ook in eGGSA se geval. Ek vertrou dat ons hierdie jaar meer mense sal kry wat hulle hande sal opsteek om te help, en dat dit dit makliker vir ons almal sal maak om eGGSA en gevolglik ook GGSA van krag tot krag te laat gaan.

 

Laastens wil ek graag dankie sκ aan almal wat van eGGSA die sukses gemaak het wat ons is - sonder almal se samewerking sou ons nie aan ons lede se verwagtinge kon voldoen nie.

 

 

Colin Pretorius

 


home | benefits | contents | join | privacy policy | code of conduct | about us | links