Skip to main content
logo3.jpg

Hendrina Stoffelina Mey EYBERS

EYBERS, Hendrina Stoffelina Mey

Eybers , Hendrina Stoffelina Mey (Lenie) born Bothma

Born: 21 May 1930 at Springs
Died: 1 September 1969 at Leslie - Standerton Pad
Remains:  Buried in Springs
Spouse:  Lourens Eybers
Lived at: Geduld Uitbreiding Springs
This article posted by: Lyndie Raath

Hier deel Rina haar herinneringe van hoe dit was om die dogter van 'n toegewyde sakevrou en fantastiese moeder te wees

Lenie was 'n geliefde vrou en moeder wat in alle opsigte die beste mens was wat ons ooit geken het. Sy het in alle opsigte haar lewe eerstens vir haar gesin en medemens gelewe, was onwrikbaar in haar geloof en die rots in ons en baie ander mense se lewens.

Ons 3 kinders het 'n fantastiese geseënde lewe saam ons ouers gehad. Lenie het haar liefde mildelik uitgedeel, gehelp waar sy kon en vergewe waar dit nodig was. Lenie was die toonbeeld van 'n sterk, gelowige en liefdevolle mens, vol deernis vir ander. Lenie was baie gelowige mens. Jy kon altyd haar stem iewers in die huis hoor terwyl sy hallelujah liedjies sing

Mag ons nooit haar helder lag & die vonkel in haar oë vergeet nie.

Lenie was getroud met Lourens Eybers. 3 kinders is uit die huwelik gebore. Hul kinders is Roelof Johannes Jacobus (Roelf), Daniel Johannes (Danie), Hendrina Stoffelina Mey (Rina).

Lenie se lewe, is op 39 jarige ouderdom, kort geknip op 1 Sept 1969, in 'n motor ongeluk wat ook haar moeder en suster se lewe
geëis het, die enigste oorlewendes was die 3 kinders in die voertuig.

Ons is almal van 'n toekoms saam my moeder ontneem. Sy het nooit die voorreg gehad om 'n ouma te wees of om haar pragtige klein kinders en agter klein kinders te sien nie.

Lenie het 'n diep leemte in ons harte gelaat


The photographs and information on this page have been added by the users.

eGGSA does monitor the submissions but takes no responsibility for the accuracy or otherwise of the published information.

Header picture credits: Richard Ball, Hu Chen