Skip to main content
logo5.jpg

Lourens EYBERS

EYBERS, Lourens

Eybers , Lourens

Born: 9 January 1929 at Rietbron
Died: 17 June 2003 at Groblersdal
Remains:  Buried in Springs
Spouse:  Hendrina Stoffelina Mey
Lived at: Geduld Uitbreiding Springs
This article posted by: Lyndie Raath

Hier deel Rina haar herinneringe van hoe dit was om die dogter van 'n toegewyde sakeman en fantastiese vader te wees.

Pa-wees kan nie omskryf word met ’n enkele woord of selfs ’n kragtige sin nie. Pa-wees word nie gevind in mooi woorde nie, dit lê in liefdevolle dade sonder ophou oor jare heen.

’n Pa se liefde is soos ’n skatkis gevul met skatte en juwele van die hart. Ons veilige hawe was gevind in die arms van my Pa wat ons beskerm het soos die mure van ’n kasteel en met ons kop teen sy bors hoor ons die klop van sy hart wat al die onrustigheid binne ons tot ’n skielike kalmte kon bring.

Lourens was 'n bekwane sakeman wat Bouersdienste besit het in Springs. Hy het ook Eybers Motors besit en saam sy vrou Lenie het hul Petersfield Melkery ook bedryf. Lourens het vroeg soggens na hul plot in Delmas gery om te gaan boer. Lourens en sy vrou Lenie het met varke & Jersey koeie geboer.

Om met duiwe te boer, vereis meer vaardighede as wat die meeste mense dink. Lourens het met wedvlug duiwe geboer & naweke het hy sy passie uitgeleef en met sy duiwe gaan vlieg. Stilte was altyd gehandhaaf by die duiwe hokke, geen geraas was toegelaat nie.

Lourens was lief vir sy klein kinders & agter kleinkinders.

'n Beroerte het Lourens se lewe kort geknip op 74 jarige ouderdom.

Lourens het 'n diep leemte in ons harte gelaat.



The photographs and information on this page have been added by the users.

eGGSA does monitor the submissions but takes no responsibility for the accuracy or otherwise of the published information.

Header picture credits: Richard Ball, Hu Chen