Skip to main content

News Item

2018 Algemene Jaarvergadering gesluit

Ons virtuele vergadering is nou gesluit. Baie dankie aan almal vir u deelname en ondersteuning.

Alle lede was uitgenooi om aan die vergadering deel te neem. Soos verduidelik in die e-pos gedateer xx Januarie 2018, het ons aanvaar dat die lede van wie ons nié gehoor het nie, tevrede is met beide die nominasies en die 2017 Jaarverslag.

Teenwoordigheid by die Vergadering
Lede wat eGGSA gekies het as hul primêre tak was geregtig om aan die AJV deel te neem. Ons e-pos stelsel het rekord gehou van die aantal e-poste wat uitgestuur, onafgelewer, aangestuur en onoopgemaak was. As virtuele tak gebruik ons hierdie getalle om die kworum te bepaal.

Die 2018-Bestuur bly dus onveranderd aangesien geen verdere nominasies ontvang was vir die bestuursposte nie. Bestaande nominasies was ook nie betwis nie.

Bestuurslede
Alta Griffiths - Voorsitter
Daan Hamman - Onder-Voorsitter
Carol Beneke - Tesourier
Lynn Couperthwaite - Lidmaatskapdienste, -kommunikasie en Bemarking
Richard Ball - Webmeester
Judi Meyer - Redakteur genesis

Addisionele lede
Annelie Els - Stamouers
Corney Keller - Nederlandse Transkripsies
Daan Botes - Poskaarte
Riana le Roux - Begraafplaasprojek

Baie geluk aan die bestuurspan, en dankie dat julle weer bereid is om nog ‘n jaar op die bestuur te dien. eGGSA Annual Report 2017, tesame met die finansiële state, sal aan Nasionaal gestuur word.

  • Hits: 3820

Histories Koerante

Daar is huidiglik twee negentiende eeuse koerante wat by die Koerant Uitreksels toegevoeg is. Die "Grahamtown Journal" van die 1880's, met uitreksels getransribeer deur Sue Mackay, vanaf foto's wat sy by die Britse Biblioteek in London, geneem het. Ook uittreksels uit die Kaap van Goeie Hoop Goewerments Gazette van die 1820's, wat deur Alta Griffitha in die Stellenbosch Universiteits Biblioteek geskandeer is en huidiglik deur Brenda Gassner getranskribeer word.

  • Hits: 4546

Aantekeninge van die Kaap Kolonie

records of the cape colony

In die laat 1890s en vroeë 1900s het George McCall Theal 35 volumes van die Registers en aantekeninge van die Kaap Kolonie gepubliseer, wat alle korrespondensie van 1793 tot 1827 behels, van wat toe die Publieke Rekord Kantoor (nou die Nasionale Argiewe), in London opgeteken.

Sue MacKay het elkeen van die aanlyn kopieë van die volumes deur gegaan en die skakels daarheen, aan die eGGSA web werf voorsien.

Sue skryf: Hierdie volumes kan gratis afgelaai, (of aanlyn deursoek) deur middel van die Internet Argief, deursoek word. Volumes 12 en 13, dek die 1820 Setlaars en verskaf baie van die korrespondensie, wat ek vir die werf transkribeer het, alhoewel Theal se werk baie meer selektief is en nie-party leiers of die wat nie emigreer het, insluit nie.

Dit sluit egter sekere antwoorde wat by die Koloniale Kantore van briewe wat elders op die werf gevind kan word. Daar is 'n indeks in elke vyfde Volume en Volume 35 beskik oor ?n volledige indeks. Volume 36 is 'n Register van die inhoud van Volumes 1-35.

  • Hits: 6897

Helena Garner se Kriel kolleksie is by die eGGSA Dokument Biblioteek gevoeg

Helena het goedgunstiglik haar werk wat bestaan uit Boedeldokumente ( Sterfkennisse, Testamente em Likwidasie en Distribusierekeninge) aan eGGSA geskenk vir ons aanlyn Dokumenteafdeling.

Helena het baie tyd daaraan spandeer om die inhoud te vereenvoudig. Die byskrifte is deur Anina du Plessis gedoen en voltooi deur Lorraine Beechey.

Die dokumente kan in vier afsonderlike albums gevind word:
Wes Kaap Argief
Pretoria Argief
Bloemfontein Argief
Pietermaritzburg Argief.

Ons opregte dank aan Helena, Anina en Lorraine

  • Hits: 4286