Switch to English
Switch to English
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak
 
  Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Adam Tassaal, Die Kasteel, Kaapstad, 5 Maart 2005
 
     
  Die AJV van die GGSA is op 5 Maart gehou. Die oggendsessie is in beslag geneem deur die AJV terwyl die middag aan die Strategiese Beplanningsessie gewy is. (notule hier beskikbaar, in Engels).  
  Op die Saterdagaand is die afgevaardigdes deur die WesKaap tak onthaal by die Ocean Basket in die V&A Waterfront.  
  Die onderstaande fotos wat gedurende die AJV deur Simon du Plooy geneem is, word met vergunning hier gebruik.  
    
  Die nuwe en ou Presidente:
Johann Janse van Rensburg en Martin Zöllner.
     
 
     
 
NoordTvl se span, van links: die nuwe voorsitter, Dr Thys van Wyk, Isabel Groesbeek die nuwe nasionale vise-president en Joubert Botha, NTvl se Onder-voorsitter en redakteur van NTvl se Nuusbrief.  
 
     
 
  Richard Ford van Wes-Gauteng, die nuwe redakteur van Familia, André Heydenrych, GGSA Nasionale Tesourier, en Geert Lampen van Noordwes in debat.
 
     
 
Hier ontvang Daan Hamman van die eGGSA ene Colin Pretorius se toekenning as die Genealoog van die jaar.  
 
     
 
  Daar was ook tyd vir familie uitlê!
van links Geert Lampen (Noordwes), Marrianne Meyer (Wes-Kaapse Tak) en Marilyn Coetzee (Nasionale Sekretaresse).
 
 
     
 
TOTSIENS - ons het genoeg gehad - Martin en Linda Zöllner op pad uit.