Switch to English
Switch to English

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak

Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

6-7 Maart 2009, Oorlogs Museum, Bloemfontein

woorde en fotos deur Hendrik Louw

Ongeveer 53 lede kom vrydag-aand 6 Maart 2009 hier by die Oorlogsmuseum te Bloemfontein bymekaar.

Oorlogsmuseum te Bloemfontein

’n Kospakkie is aan almal uitgedeel. Daarna gaan hou ons piekniek op die gras om te eet en te luister. Bloemfontein, sy ontstaan, geskiedenis en alle historiese plekke saam met “SPOOKSTORIES” word aan die lede vertel. Eureka Pottas begin met die ontstaan van Bloemfontein. Hierna val Johan Pottas self weg soos ’n ware professor oor die eerste inwoners en hul geskiedenis, selfs ’n moord verhaal en die eerste veroordeelde word aan die lede vertel.

Ek is seker so in die half-donker kon jy sommige lede se werwels hoor bewe, MOORD, maar was dit ... Wel so jammer alle lede kon dit nie bywoon nie.

Hierna het Elria Wessels begin en spookstories in Bloemfontein was die hooftema, so toe raak dit regtig stil. Nou begin die bustoer, dit is reeds donker en die lede vertrek per bus na alle geskiedkundige plekke in Bloemfontein.

Ons het selfs later in die heerlike aandlug in die strate geloop en alle geboue, hul ontstaan, ontwerp (argitek) ens. is aan die lede oorgedra. Een van die Vrystaat tak se lede,  ’n polisieman het gesorg vir almal se veiligheid, dankie daarvoor Francois. Soos ampères jong studente het ons laatnag by ’n hotel ’n sjerrie gedink en na nog ’n draai teruggekeer.

Saterdag Oggend

Voor ons regtig begin, lede lyk angstig 
   
 Die president en sekretaresse van die GGSA, Johan van Rensburg en Elmien in baie gesellige oomblik. Wonder wat het hulle vir mekaar vertel?
   
V.l.n.r: Simon du Plooy (Voorsitter: Noordwes tak te Potchefstroom), Eureka Pottas, en Johan Pottas (Voorsitter Vrystaat tak te Bloemfontein) tydens tee. 
   
 V.l.n.r: Isabel Groesbeeck (Visepresident GGSA), Ellen Harmse (Tesourier, Noord-Transvaal tak), Linda Lombard (Kommunikasie
en Bemarking Noord-Transvaal tak)
   
Johan Pottas en Hendrik Louw 
   
 Petro Coreejes-Brink (NUK: Begraafplaasprojek)
   

Saterdag Aand Funksie te Onze Rust (Plaas van wyle pres. M. T. Steyn)

 Plaashuis, Onze Rust
   

So Kuier Ons Saam

André Heydenrych (Tesourier, GGSA) en Dennis Pretorius (NUK) met ’n glasie wyn 
   
 Johan Pottas en Elmarie Weyers. Die dames kan vir jou gesels!
   
Gretchen de Kock (Ooskaap) en Dr. David de Klerk (Visepresident, Weskaap) 
   
 Rietjie van Zyl (Vrystaat) en Heidi Ford.
   
Freek Myburg en Johanna Fourie (eggenote van Fritz Fourie, Vrystaat) 
   
 Ferdie van Wyk (Voorsitter, Noord-Transvaal) en Petro Coreejes-Brink. Hoekom lag Ferdie so lekker ?
   
Elria Wessels. Ontrafel sy nog geheime ? 
   
 Pryse is ook uitgedeel. Hier oorhandig Johan van Rensburg die Meriete toekenning prys aan Pieter de Jager, ’n beesboer van Ottosdal en lid van Noordwes.
   
So staan die manne ! David de Klerk, Don McArthur (Voorsitter  Johannesburgtak), André Heydenrych en Richard Ford (Redadteur, Familia) 
   
 Daan Hamman (Tesourier, eGGSA) en Simon du Plooy.
   
Pieter de Jager en Martin Zöllner (Voorsitter, eGGSA). 
   
 Johan Vermeulen (Visevoorsitter, Vrystaat) en Johan Pottas
   
John Webb en Freek Myburg (beide Vrystaat) 
   
 Prof. Gideon de Kock (Voorsitter Oos-Kaap, Port Elizabeth) en sy vrou, Gretchen (Tesourier, Oos-Kaap).
   
Wyle Pres. Steyn se kleinseun, Colin aan die gesels. 
   

tuisblad | voordele | inhoud | sluit aan | privaatheidsbeleid | gedragskode | meer oor ons | skakels