table border="0" cellpadding="0" cellspacing="0" width="100%">
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak
    Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Port Elizabeth Women’s Club, Summer Strand, 25 Februarie 2006
      

Tak NOORDWES

JAARVERSLAG 6 JUNIE 2004 – 31 DES 2005.

 

INLEIDING:

Sedert die tak se stigtingsbyeenkoms op 6 Junie 2004 het GGSA Noordwes ‘n besige tyd ervaar en hiermee dan ‘n oorsig oor die periode se aktiwiteite.

 

EERSTE BESTUUR:

Bestuur verkies op die Stigtingsbyeenkoms as volg:

Voors: Simon du Plooy, O/Voors: Geert Lampen, Tesourier: Krause v.d Walt, Sekr: Kathleen de Beer, Add. Lede: Louw van Deventer (Klerksdorp) Pieter de Beer.

Peter Coulter.

Deur die loop van die jaar het om persoonlike redes Louw, Kathleen en Peter aagedui dat hulle nie verder kan help nie en hul plekke is deur Johan Vermeulen, Elmarie Weyers en Jaco Potgieter ingeneem.

 

LEDETAL:

Sekerlik die belangrikste komponent van enige organisasie is die lede.

Na die beskeie stigting wat deur 18 belangstellendes bygewoon is was die opbetaalde ledetal op 31 Des. 2004 reeds 29 en teen 31 Des 2005 het 45 lede aangesluit.

Die lede is redelik versprei met die grootste aantal in Potch met Klerksdorp se 8 terwyl lede ook op Rustenburg, Coligny, Mafikeng, Hotazel,en Magaliesburg woonagtig is.

Die 11 dames is by verre in die minderheid . Hopelik vind spontane regstellende aksie vinnig plaas sodat die balans kan verbeter!

 

BYWONING:

Bywoning van byeenkomste is tans goed - gemiddeld meer as 80 %, terwyl verskoning vir wanneer iemand wel afwesig is meestal vooruit gemaak word.

 

BYEENKOMSTE:

Byeenkomste vind plaas in die Biblioteek/Museumkompleks elke eerste Maandag - aand van die maand uitgesonder vakansies.

In die eerste tydperk het die volgende byeenkomste plaasgevind:

2004:

Aug: Basiese Genealogiese navorsing. - Prof. Johann Tempelhoff.

Sept: GGSA Hoofbestuurbesoek .- Daan Hamman en Thys Du Preez asook Isabel Groesbeek met wenke.vir basiese navorsing.

Okt: Argiewe as bron van navorsing.- Ilma Brink.

Nov: Ander bronne vir Genealogiese navorsing Dennis Pretorius.

2005

Feb: Genealogie en Heraldiek - Fred Brownell.

Mrt: Genealogiese sagteware – Barend Venter.

Apr: Hoekom doen ek Genealogie – Herman Labuschagne.

Apr: Uitstappie – Wes- Gauteng besoek ons Gen.-besienswaardighede

Mei: Uitstappie:Besoek aan LDS sentrum Parktown.

Jun: Boeke as bron van inligting.- Protea boekhandel en Lede.

Aug: Kaapse Genealogiese bronne – Daniel Jacobs.

Sept:Voorbereiding vir argiefbesoek.- Isebelle Krauss.

Okt: Name en naamgewing – Prof. Wannie Carstens.

Nov: Vraag en antwoord- Paneel antwoord vrae asook jaarafsluitfunksie met

met GGSA Vise Pres Isabel Groesbeek as gas.

BEMARKING en BEKENDSTELING:

Op die gebied was die tak aktief en die volgende is gedoen:

Berigte en kennisgewings in plaaslike koerant asook terugvoer oor byeenkomste wat plaasgevind het meestal met interesante foto of twee.

 

Geref. Kerk se argiefbesoekersboek is deurgewerk en uitnodiging aan moontlike ledepotensiaal gestuur.

 

Diensentum vir bejaardes toegelig oor Genealogie en begraafplaasprojek.

Kerkbelangegroep deur Elmarie Weyers toegelig oor Genealogie

 

Kennisgewings en Famnea in die plaaslike bibioteek en Protea boekwinkel met tak se besonderhede.

 

Bekendstellingsdag op Klerksdorp o.l.v Johan Vermeulen en hulp van Louw van Deventer.

 

Aardklop kursus in samewerking met Isabel Groesbeek tydens Aardklop met gepaardgaande publisiteit waaronder ‘n middelblad artikel in Beeld, SAVT 2 nuusberig, Pamflette en Aardklopbrosjure, asook 4 praatjies oor Radio Overvaal deur Johan Vermeulen en myself asook Isabel Groesbeek.

 

NUUSBRIEF:

FAMNEA – Binne 4 uitgawes het die produk van die tak hom gevestig as ‘n uitmuntende bemarker - nie net in en vir Noordwes nie maar danksy Internet word die nuusbrief węreldwyd deur belangstellendes gelees en die positiewe boodskappe wat ons bereik moet hoog geag word want kritiek is normaalweg volop en komplimente maar skaars! Gelukwense en dank aan Pieter de BEER.

 

FINANSIES:

Die finansies is aan die einde van die eerste verslagtermyn op aanvaarbare vlak – Verwys finansieële verslag - Krause vd Walt

Die positiewe eindbalans van R2 205-00 sluit in ong. R550-00 netto opbrengs van die Aardklop aanbieding asook verkope van aanbieders se praatjies op CD.

 

AlGEMEEN:

Na die aanvanklike onbekende en vreemdheid begin die lede mekaar ken en ontdek gemeenskaplike belangstellings wat dan ook die doel van die byeenkomste is.

Ons sekretaresse Elmarie slaag uitmuntend daarin om tydens elke geleentheid ‘n aangename atmosfeer te skep en met die skrale fondse tot haar beskikking iets op te tower al is dit slegs ‘n koppie koffie en beskuitjie – Hier smaak dit net beter! Het die geselskap iets daarmee te doen?

 

BEDANKINGS:

Die volgende persone en instansies word bedank vir hulle bydraes:

 

Bestuurslede –Aangesien die bestuur se grootste bate is dat die -lede hul nie doodvergader nie vind telefoniese en internetgesprekke gereeld plaas en almal lewer sy/haar opbouende kommentaar. 3 Formele bestuursvergaderings is gehou.

 

Louw van Deventer en Johan Vermeulen moet uitgesonder word – as ervare navorsers het hulle waardevolle hulp en wenke gegee wanneer dit baie nodig was.

 

Stadsraad vir beskikbaarstelling van die Lokaal – uitmuntend geskik vir ons doel.

 

Plaaslike koerant vir positiewe dekking van ons gebeure – Die koerant word wyd gelees!

Bydraers tot ons byeenkomste – Nog nie een persoon wat genader is het nie kans gesien nie. Soms was dit net ‘n kwessie van datums uitsorteer.

Die besondere kennis van die sprekers wat nuwe werelde ontsluit het was vir alle nuwelinge ‘n opnbaring en aansporing

 

Alle lede wat aangesluit het en volhou met bywoning Dit is LEKKER on julle hier te hę Bring jou buurman volgende keer saam!

 

TEN SLOTTE:

Mag die tak steeds groei en instrumenteel wees tot Genealogiese waardebyvoeging nie noodwendig in die sin van getalle nie maar veral navorsing en ontsluiting van die onbekende verlede tot voordeel van almal wat daarby belang het.

 

Simon du PLOOY

Voorsitter GGSA – Noordwes.

 


home | benefits | contents | join | privacy policy | code of conduct | about us | links