Skip to main content

Die belangrikste datum van die 20ste eeu wat steeds jaarliks herdenk word: 11 November 1918

Vroegoggend, om 5 vm.in die spoorwegwa van Maatsklalk Ferdinand Foch in die woud van Compiegne, Frankryk, is die wapenstilstandsooreenkoms tussen die Geallieerdes en Sentrale Magte ondetrteken. Dit het van krag geword om 11vm. Van die 11de dag, van die 11de maand en toe het die gebulder van die kanonne stil geraak. Dit is beskou as die wapenstilstand wat die einde van alle oorloë sou beteken. In talle lande, Suid-Afrika ingesluit, word ‘n minuut van stilte gehandhaaf ter nagedagtenis aan die miljoene soldate wat in die Errste Wêreldoorlog gesneuwel het. Hierdie gebruik het in Kaapstad ontstaan toe die sakeman JA Edgar voorgestel het da sy kerk ‘n tyd van stilte instel ter gedagtenis aan die talle Suid-Afrikaners wat ydens die Slag van die Somme gesneuwel het.  Later het die burgemeester van Kaapstad (later Sir) Harry Hands, wie se seun aan die Westelike Front gesneuwel het, dit verder geneem en ‘n tyd van stilte voorgstel ter ere van die opoffering wat op die slagvelde van Europa gemaak is. Skrywer Sir Percy Fitzpatrick van Jock of the Bushveld faam, wir seeun ook aan Westelike Front gesterf het, ‘n brief aan die koning  George V van Brittanje gerig, met die voorstel dat twee minute van stilte deel word van die Wapenstilstandher-denkings. Hierdie voorstel is aanvaar en so het die tradisie begin wat steeds tydens hierdie herdenkings-byeenkomste eerbiedig word – ‘n unieke Suid-Afrikaanse geskenk aan die wêreld, ‘n gebaar om in diepe afsondering die einde van alle oorloë te herdenk.  Sondag was die seker al die 100ste keer dat hierdie herdenking gevier is. By so ‘n geleentheid, Poppy Day, word Laurence Binyon se gedig THE FALLEN voorgedra en rooi papawers soos wat op die slagveld van Vlaandere gegroei het, word gedra.

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die vredeskonferensie, Premier Louis Botha en Generaal JC Smuts, het egter hul misnoeë uitgespreek oor die voorwaardes van hierdie vernederende vredesooreenkoms: Dit was gebaseer op die selfsugtige politieke, ekonomiese, imperialistiese, militere oogmerke van Lloyd George en Georges Clemenceau. Volgens Smuts en Botha sou die verdrag nie vrede in Europa bewerk-stellig nie, maar was ‘n oorlogsverdrag vol haat, slegs ‘n wapenstilstand vir 20 jaar. Woorde wat profeties was. Die wraaksugtige Clemenceau van Frankryk en Lloyd George van Brittanje het dit geïgnoreer omdat hulle Duitsland ten alle koste wou laat boet en vir die toekoms ekonomies, polities en militêr ondergeskik wou hou sodat die land nooit weer ‘n vredesbedreiging vir Europa sou inhou nie.Hulle wou kwansuis militarisme en outokrasie uitwis en noem dit “ ‘n oorlog om alle oorloë te voorkom”, maar dit was gemik daarop om Bismarck se verenigde Duitsland uit te wis.

Duitsland moes ten spyte van besware ‘n oorlogskuld van R 13 bijoen aanvaar en dit oor ‘n tydperk van 50 jaar betaal, 13% van hul  grondgebied prysgee, hul vloot beperk tot 6 slagskepe, alle vliegtuie, artillerie en duikbote, hul buitelandse beleggings en patentregte en handelsvloot prysgee en hul verdrae internasiona-liseer. En ‘n leer wat beperk was tot 100 000 vrywilligers. Hul grondstowwe en produkte is opgeëis. Die slagaar van die Duitse ekonomie, die Ruhr nywerheidsgebied,is deur Franse troepe beset wat produksie in die wiele gery het.

JC Smuts se kommentaar: “Hoe meer ek die vredesverdrag in sy geheel lees, hoe groter is my afkeur.Die verdrag sal geen vrede in Europa bring nie. Woorde kan nie my ontsteltenis uitdruk nie. Ek sal daarteen veg omdat oorlog nie genoegsame rede is om die ganse wêreld in ellende te dompel nie.”

Bronnelys:

  • Albertyn, CF: Ensiklopedie vd Wêreld
  • Binyon, L: For the Fallen & Grosset: Chronology of World History
  • McWhirter, A; Illustrated Encyclopedia and Essential Knowledge
  • Moolman, N: Dankie Generaal; Pienaar: Watter Blom is dit?
  • Van Schoor, Oberholster, Coetsee, Pienaar: Senior Geskiedenis

First World War, Wars and Battles

  • Hits: 3