Skip to main content

Resepte is nie net Resepte nie

 

Resepte is nie net Resepte nie! O! nee. Dit is soms net meer as ‘n resep.  Ek hoor jul sê: ja maar resepte kom in tydskrifte en resepte boeke voor. Het jy al ooit so daaraan gedink soms is resepte meer as net resepte.  Dit kan jou ‘n klein bietjie inligting gee oor een van jou familie lede se handskrif. Ja, jy het reg gehoor. Soms is daar nog ‘n addisionele brokie inligting by.

Die handgeskrewe resep kan jou help met inligting van ‘n sekere familie lid of selfs die herkoms van die resep. Het jy dalk ‘n briefie of ‘n kaartjie … ‘n kwotansie of enige iets met die hand geskryf.  Wel, net dalk kan daar die handgeskrewe resep jou help met die misteriese handskrif van die onbekende persoon op een van daar die ander handgeskrewe dokumente.

Ons grootste invloed van resepte in SA is reeds al in die tyd van Jan van Riebeeck toe die verversings stasie opgerig is, maar dis nie al nie. Dink aan al die talle mense wat ingestroom het in ons land elkeen met hul eie invloed en smaak van kos. Hollanders, Duitsers, Franse, Engelse, Arabiere en Oosterlinge slawe en politieke gevangenes van Oos-Indie ens.  Dan ook natuurlik die Khoi-Khoi wat reeds voor almal reeds in die Kaap gewoon het.

Selfs die gedagte van so resep. Die doekpoeding van Ouma of die heerlike biltong wat oupa gemaak het. Melkkos, Kaap se Maleisa geregte soos Bobotie en Koeksisters. Daardie resepte bring soveel herrinneringe soveel staaltjies en vergete gedagtes terug.

Hildagonda Duckitt se boek Hilda's where is it of recipes (1891) was die eerste poging om die oorsprong van ou Kaapse geregte aan te dui. Sy het toegang tot sulke resepte gekry deur haar ouers se status en roemryke mense wat hul geken het.  Daar is ook baie te sê oor die boek met resepte maar ons gaan nie veel hieroor sê nie. Wat ons wel kan sê is dat die resepte nie altyd met reg na die herkoms vernoem is nie. 

Wie regtig ‘n groot rol in resepte in ons land gespeel het was C. Louis Leipoldt seker een van die land se grootste fynproewer en koskultuur. Hy het groot geword met die Boerekultuur en boerekos. Hy was ook nie altyd reg deur die oorsprong van die resepte nie. So volg ook ander in die spoor. Gaan lees gerus die Manuskrip van DIE GESKIEDENIS VAN BOEREKOS 1652-1806 deur HESTER WILHELMINA CLAASSENS University of Pretoria etd - Claassens, H W (2003). Indien u wel regtig insae wil hê oor die oorsprong en skrywers van SA se resepte boeke en herkoms van resepte.

In die Nasionale Biblioteek (NABIK) in Koningin Victoriastraat, Kaapstad, is tien reseptemanuskripte wat dateer van 1670-1879. Dit vorm deel van die Leipoldtversameling. Die meeste van die manuskripte is in Engels, maar die resepte is Kaaps en stem met die mededelings van reisigers oor Kaapse kos ooreen.

Reseptemanuskripte van die sewentiende, agtiende en selfs die vroeë negentiende eeu is uiters skaars; resepte van 'n gesin is gewoonlik mondelings van moeder na dogter oorgedra. Huisvroue het eintlik eers teen die laaste kwart van die agtiende eeu sporadies begin om hulle resepte neer te skryf. Die bekendste ou reseptemanuskripte van die wêreld is blykbaar oorwegend deur mans, geskryf wat kokke in belangrike mense se huishoudings was.

As mens sou dink daaraan daar is selfs resepte wat vernoem is na bekende mense in ons land.  Moet daar dan nie dalk ‘n storie geheg wees aan so ‘n resep nie. Dink bv. Hier aan Genl. Hertzogies of Jan Smuts koekies en Genl. De Wet-koek.

Die storie oor Genl. Hertzoggies (koekies) is dat dit vernoem is na hom omdat hy baie lief vir dit was.  Genl. Hertzog was ‘n politikus maar ook ‘n Generaal in die Anglo-Boere oorlog.  Daar was verwys na Genl. Hertzogkoekies wat orals in huis gebak is – as ondersteuning vir Generaal Herzog as politikus en sy party.  Tog, word daar ook verwys na die Kaapse Maleise vroue wat dit gebak het om hul dankbaarheid te betoon nadat vrouens in die 1920’s stemreg gekry het en sou ook gelyke gereg maar die gelyke regte het nooit gebeur nie.  Hulle het Genl. Hertzogies ook “tweegevreetjies”genoem.  Die boonste beslag was van bruin of pienk versiersuiker.

As ek aan my eie storie oor die resep moet dink … dink ek aan my skoonmoeder as daar nou iemand was wat Genl. Hertzoggies kon bak was dit sy.  Sy sou haar beslag maak en vinnig haar doppies tussen twee koekpannetjies pak.  Die vulsel sou nooit oorloop nie endie versiering netjies goudbruin. Die resep was net soos haar koeksisters en peisangbrood nooit met haar skoondogters gedeel nie. Ai, hoe verlang ek nou na haar gebak.

As mens ook daaraan dink een van ons welbekende skrywers in Suid-Afrika oom Nico Moolman het sy familie resepte in ‘n wonderlike boek vas gevang.  Dis iets besonders. Gaan koop gerus die boek – Kuier in ‘n Plaas Kombuis (Resepte en stories van gister) deur Nico Moolman. Die boek roep herringeringe op met handgeskrewe resepte stories van sy familie met boererate ens.  Ek het selfs so boek en het van die resepte probeer. Kan soms net die boek deur blaai en lekker lees.

Oom Nico het my vertel die boek was eintlik nooit bedoel vir Jan Publiek nie.  Dit was ‘n geskenk wat hy aan sy kinders en familie vir Kersfees wou gee.  Die drukkers het die boek geneem om gedruk te word en hom gevra om asb. die boek aan die publiek bekend te stel.  Daar het die boek soveel populariteit gekry dat die boek al herdruk is.

So, moet nooit dink dat ‘n resep wat met die hand geskryf is net ‘n resep is nie.  Nee! Gaan vind uit wie die resep geskryf het. Waar kom die resep vandaan en die storie agter die storie van ‘n resep.

Vir jou as Genealoog kan dit dalk ‘n skatkis van geheime, vreemdelinge of net ‘n lekker resep met jou Moeder se handskrif wees wat herenneringe navore bring.

Bronnelys:

  • DIE GESKIEDENIS VAN BOEREKOS 1652-1806 deur HESTER WILHELMINA CLAASSENS Fakulteit Geesteswetenskappe Universiteit van Pretoria 2003
  • KUIER IN ‘N PLAAS KOMBUIS ( Resepte en stories van gister) deur Nico Moolman Uitgewers Corals Publishers – Vanderbijlpark, Kopiereg 2005 Corals publishers ISBN 0-620-33696-X
  • Wikipedia – Hertzoggie opgedateer 22 Januarie 2023, https://af.widipedia.org/wiki/Hertzogie
  • Fotos uit Kuier in ‘n Plaas Kombuis – Nico Moolman

Food and Wine

  • Hits: 3